Jean Racine | |
---|---|
Portret van Racine | |
Gebore | Jean-Baptiste Racine 22 Desember 1639 La Ferté-Milon, Koninkryk van Frankryk |
Sterf | 21 April 1699 (op 59) Parys, Koninkryk van Frankryk |
Beroep | Dramaturg |
Beweging | Klassisisme |
Jean Racine, gedoop as Jean-Baptiste Racine (Franse fonetiese uitspraak: ʒɑ̃ batist ʁasin; 22 Desember 1639 - 21 April 1699), is saam met Molière en Corneille een van die drie groot Franse dramaturge uit die 17de eeu. Hy is 'n belangrike literêre figuur in die westerse tradisie. Racine was hoofsaaklik 'n skrywer van tragedies. 'n Aantal neoklassieke meesterstukke [1] soos Phèdre,[2] Andromaque[3] en Athalie het uit sy pen verskyn. [4] Hy het een komedie getiteld Les Plaideurs, [5] en 'n gedempte tragedie getiteld Esther[6] vir jongelinge geskryf.
Sy skryfwerk is bekend vir die elegansie, suiwerheid, spoed en raserny daarvan, maar ook [7][8] [9] vir die "glorie van die harde, elektriese woede" daarvan.[10] Racine se dramaturgie word gekenmerk deur sy sielkundige insig en die passie van die karakters.
Die linguïstiese effekte van Racine se digkuns word oor die algemeen as onvertaalbaar beskou,[8][11][12][13] alhoewel verskeie gerekende digters pogings aangewend het om sy werk in Engels te vertaal,[11][12] insluitende Lowell, Richard Wilbur, Ted Hughes, Tony Harrison en Derek Mahon, asook Schiller in Duits.
Die mees onlangse Engelse vertalings van Racine se toneelstukke is deur Alan Hollinghurst (Berenice, Bajazet), die direkteur van die Royal Academy of Dramatic Art, Edward Kemp (Andromache), die dramaturg Neil Bartlett, en die digter Geoffrey Alan Argent. Laasgenoemde het in 2011 'n American Book Award ontvang vir The Complete Plays of Jean Racine.[14]